SA Vrouens Vetste in Afrika

Overweight woman sitting on the beach facing the ocean.

Bron:  http://www.netwerk24.com/Nuus/Gesondheid/suid-afrika-se-vroue-vetste-in-afrika-navorsing-20170720

SA Vrouens Vetste in Afrika

Wêreldwyd ly meer as twee miljard uit die sewe miljard mense op aarde aan gesondheidsprobleme – soos kanker – as gevolg van vetsug.

In een van die grootste studies wat nog gedoen is oor vetsug en die gesondheidsprobleme wat dit veroorsaak, is verklaar vetsug is ’n “groeiende en ontstellende wêreldwye openbare gesondheidskrisis”. 

Dié navorsing is onlangs gepubliseer in The New England Journal of Medicine.

Hiervolgens kom die hoogste vetsugsyfer in Afrika vir vroue – 44,6% – in Suid-Afrika voor.

DIE HOOGSTE VETSUGSYFER IN AFRIKA VIR VROUE – 44,6% – KOM IN SUID-AFRIKA VOOR

Navorsing:

’n Toenemende aantal mense sterf weens die gevolge van obesiteit al “ly hulle nie tegnies aan obesiteit nie”, het die navorsers bevind. Sowat vier miljoen sterftes in 2015 kon hieraan toegeskryf word, al kon dié mense se liggaamsmassa-indeks nie as vetsugtig beskryf word nie.

Die studie het na die data van 195 lande gekyk en daarvolgens is gemiddeld 30% van volwasse Suid-Afrikaners oorgewig of vetsugtig en 8,8% van kinders. Die syfer vir mans in Suid-Afrika is 14,7%.

Prof. Benn Sartorius van die Universiteit van KwaZulu-Natal, wat navorsing doen oor siektelas en kanker-epidemiologie, het by navraag gesê talle soorte kanker is meer algemeen in mense wat oorgewig is, of wat aan vetsug ly. Dit sluit in borskanker ná menopouse, kanker van die ingewande, baarmoeder, esofagus, pankreas, niere, lewer, boonste deel van die maag, eierstokke, galblaas, skildklier, asook miëloom (’n tipe bloedkanker) en meningioom (’n tipe breinkanker).

Hy verduidelik dat ekstra liggaamsvet die produksie van sekere hormone en groeifaktore kan verhoog en dit kan ’n seinbaan vir kanker skep. Vetselle trek ook immuniteitselle na weefselselle. Dié immuniteitselle veroorsaak langdurige inflammasie wat tot kanker kan lei.

Prof. Alta Schutte, die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se eenheidsdirekteur vir hipertensie en kardiovaskulêre siektes, sê in Suid-Afrika is daar baie mense wat oor- en ondervoed is en albei tel as wanvoeding. 

“In Suid-Afrika is ondervoeding ’n kleiner, maar oorvoeding ’n reuse-bron van kommer. Oorvoeding beteken jy het genoeg kos om te eet, maar jy eet die verkeerde kos.”

Sy sê die jongste navorsing wys Suid-Afrikaanse vroue se vetsugsyfer is die hoogste in Afrika, maar ook die kinders in die land se syfer is hoër as die wêreldgemiddelde.

“Daar is ’n wanopvatting dat vetweefsel ‘net daar sit’. Vetselle is baie aktief en dit skei skadelike stowwe af. Dit word ook geassosieer met hoër vlakke van inflammasie in die bloed en raak immuniteitselle.” Sy sê kinders moet van baie jonk af baie beter eet, dan sal hulle nie probleme hê wanneer hulle ouer is nie.

Snoepies by skole bly ’n probleem en ouers moet beheer uitoefen oor dit wat hul kinders eet.

Vetsugsyfers in SA

 

So het die vetsugsyfers vir Suid-Afrikaners in 1980 gelyk vergeleke met die jongste data van 2015.

Vroue: 31% in 1980 teenoor 44,6% in 2015.

Mans: 13% teenoor 14,7%.

Seuns: 6% teenoor 7,6%.

Meisies: 6,5% teenoor 9,97%

Related Articles

What Are Phytonutrients?

What Are Phytonutrients?

Phytonutrients are natural compounds produced by plants to protect themselves and promote growth. These compounds serve various purposes, such as shielding plants from harmful insects or environmental stress. When we consume plants rich in phytonutrients, we can take...

read more