As ouers nie ingryp by vet kind is dit verwaarlosing?

Mother feeding fresh vegetables to her two smiling children.

Article Source: Beeld 2010-07-18 22:00

Die ouers van vetsugtige kinders se volgehoue versuim om hul kind te help om sy lewenstyl te verbeter of mediese praktisyns te nader vir hulp, kan neerkom op kinderverwaarlosing.

Dit is veral ter sprake wanneer dié kinders op die punt is om toestande soos obstruktiewe slaapapnee, hoë bloeddruk en tipe 2-diabetes te ontwikkel of onbeweeglik raak.

So het ’n groep Britse kenners in die veld van kindergesondheid besluit nadat hulle die lot van sulke kinders bespreek het met die doel om ’n raamwerk vir mediese en ander maatskaplike praktisyns daar te stel.

Dr. Russell Viner van die University College of London se instituut vir kindergesondheid en sy kollegas het hul voorstelle in die jongste uitgawe van die British Medical Journal gepubliseer.

Die kenners het studies gevind wat toon daar is ’n verband tussen vetsug by kinders en seksuele mishandeling, geweld en verwaarlosing, maar hulle kon geen navorsing opspoor oor kinderbeskerming en vetsug as sulks nie.

Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie nodig is vir kinderbeskermingseenhede om op te tree teen ouers bloot omdat hul kinders vet is en hulle misluk in hul pogings om die kinders gewig te laat verloor nie.

Hulle was dit eens dat die oorsake van vetsug te kompleks is daarvoor.

Hulle het wel aanbeveel dat gesinne en omgewingsfaktore bestudeer word in gevalle waar kinders erg vetsugtig is en ouers niks doen om in te gryp nie.

Related Articles

Reflecting on Your Journey: How Far You’ve Come

Reflecting on Your Journey: How Far You’ve Come

In the pursuit of health and weight loss, it’s easy to get fixated on how far you still have to go. But what if the most powerful motivation lies not in the future, but in looking back? Reflecting on your weight loss journey isn’t just a feel-good exercise — it’s a...

read more
How to Transition from Dieting to a Healthy Lifestyle

How to Transition from Dieting to a Healthy Lifestyle

Many people begin their health journeys with strict dieting plans that promise quick results. While some diets can be helpful to kickstart weight loss, long-term success lies in making a gradual and intentional shift toward a healthy lifestyle. In this article, we...

read more