Meer Vroue as Mans in SA is Vet

Infographic on South African health and obesity statistics.

Article Source: Beeld

 

Suid-Afrikaners is nie noodwendig so gesond soos hulle dink nie en ’n kwart van die land se burgers ly soms honger.

Al beskryf 78,6% hulself as gesond of baie gesond, is een uit elke drie mans en een uit elke twee vroue onfiks (na gelang van ’n standaard-fiksheidstoets), die gemiddelde vrou is oorgewig, 16,5% ly aan hoë bloeddruk, 9,5% ly aan suikersiekte en 17,1% sukkel met bloedarmoede.

Dit is van die bevindings in die eerste Suid-Afrikaanse nasionale gesondheids-en-voedingswaarde-ondersoek (Sanhanes-1), wat die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) gister in Pretoria bekend gestel het.

Dr. Olive Shisana, uitvoerende hoof van die RGN, het gesê heelwat meer vroue as mans is oorgewig.

Die gemiddelde Suid-Afrikaanse man se liggaamsmassa-indeks (LMI) is 23,6, terwyl dit by vroue 28,9 is. ’n LMI van bo 25 word as oorgewig beskou.

39,2% vroue ly aan vetsug. Hierteenoor het 27% vroue tydens ’n ander opname in 2003 aan vetsug gely, wat dui op ’n toename van meer as 10% in tien jaar.

Net 14,3% Suid-Afrikaners neem die gesondheidswaarde van kos in ag wanneer hulle kruideniersware koop.

Die grootste faktore betrokke by die aankoop van kruideniersware is die prys (64,5%) en smaak (17,5%) van kos.

“Wat ook baie kommerwekkend is, is dat 18,2% van kinders tussen twee en vyf jaar oud reeds oorgewig is,” het Shisana gesê.

Dié syfer het gestyg van 10,6% tydens ’n opname in 2005.

Ondanks die groot getal oorgewig Suid-Afrikaners is daar bevind minder as die helfte van die land se huishoudings (45,6%) ervaar voedselsekerheid (alle gesinslede het te alle tye genoeg kos).

Sanhanes-1 het getoon 28,3% Suid-Afrikaners is blootgestel aan ’n risiko om honger te ly en 26% ly wel soms honger. Byna 30% kinders vat nie ’n kosblik skool toe nie omdat daar nie kos in die huis is om in te pak nie.

Hierbenewens is bevind 11,1% ly aan posttraumatiese stressindroom (PTSS) en ’n kommerwekkende 41,1% toon simptome van PTSS, wat hoofsaaklik met familieverwante trauma of persoonlike aanranding verband hou.

  • Die opname is deur die RGN in samewerking met die Mediese Navorsingsraad (MNR) gedoen en het onderhoude, vraelyste en mediese ondersoeke van 25 532 Suid-Afrikaners van alle ouderdomme, kulture en sosiaal-ekonomiese agtergronde behels.

Related Articles

Reflecting on Your Journey: How Far You’ve Come

Reflecting on Your Journey: How Far You’ve Come

In the pursuit of health and weight loss, it’s easy to get fixated on how far you still have to go. But what if the most powerful motivation lies not in the future, but in looking back? Reflecting on your weight loss journey isn’t just a feel-good exercise — it’s a...

read more
How to Transition from Dieting to a Healthy Lifestyle

How to Transition from Dieting to a Healthy Lifestyle

Many people begin their health journeys with strict dieting plans that promise quick results. While some diets can be helpful to kickstart weight loss, long-term success lies in making a gradual and intentional shift toward a healthy lifestyle. In this article, we...

read more