Where your health is a way of life.

NUWE REEKS “AFSKAAL” TAKEL GEWIGTIGE SAAK

 

KykNET en Slender Wonder nooi jou uit om vanaf 10 Oktober, elke Donderdagaand vir 12 weke reg te skuif voor die kassie vir “Afskaal,” ‘n splinternuwe televisiereeks met Elana Afrika-Bredenkamp as aanbieder. Die reeks beloof om mense op ‘n reis te neem wat baie Suid-Afrikaners elke dag onderneem – die stryd om gewig te verloor. Kykers sal oor die 13 weke, vier deelnemers intiem leer ken terwyl hulle met Slender Wonder se hulp daarna streef om ‘n gesonder lewenstyl na te jaag. 

Eerstens is daar die 43-jarige Beverley van Boksburg, ʼn Kriminele Ondersoek Beampte van beroep. Haar huidige gewig is 114.4kg en haar ideale gewig is 90kg. Gelukkig getroud en ma van twee volwasse seuns, voel sy die tyd is reg om ontslae te raak van die beskrywing “mollig” en sien sy kans om weer die agt vloere se trappe in die polisiegebou in Germiston uit te klim. En dit boonop sonder om uitasem bo uit te kom. Volgens haar sal sy ‘n lekker stuk vis met baie suurlemoen-botter sous bo-op die meeste mis as sy haar eetgewoontes moet aanpas. En in terme van haar verwagtinge rondom “Afskaal?” “Die vooruitsig van die onbekende maak my bang en senuweeagtig, maar grotendeels is ek vrek opgewonde vir die journey.” 

Dan is daar die 40-jarige Jandri van Clubview, Centurion, ma van ‘n 12-jarige seun en 9-jarige tweeling dogtertjies. Sy is reeds 15 jaar gelukkig getroud en sêsy wil bittergraag haar huidige gewig van 103.8kg afbring na so 78kg. As ‘n sjirurgiese konsultant, reken sy sy sal haar gunsteling pakkie aartappelskyfies mis, maar as dit betweken sy kan in daai Nommer 12 Soviet-jeans inpas, is sy gereed vir die uitdaging en som sy dit soos volg op: “What a journey ahead.”

Hennie van Randfontein werk by LIXIL Africa in Krugersdorp. Hy is 30 jaar oud, getrou en pa van ‘n 3-jarige en ‘n 5-jarige. Hennie weeg tans 149.1kg, maar mik om dit af te bring na 110kg. Hy som sy hoofrede hoekom hy ingeskryf het soos volg op: “Ek wil weer kan beweeg en met my kinders kan speel. Op die oomblik is my  energievlakke baie laag.” In sy pad staan menige Afrikaanse man se probleem: braai en om die volgende oggend sy eie Dagwood-broodjie met die oorskiet te bou.

Laastens, maar nie die minste, is Noelien wat glo: “My deelname aan hierdie program gaan letterluk my lewe handomkeer verander.” Noelien is 41, weeg 106kg - maar wil graag 75kg weeg – en werk as voorsieningskanaalbestuurder in Meyerton. Sy erken ook sy het ‘n groot selfbeeldprobleem en dat haar gewig al tot spanning in haar huwelik bygedra het. Sy het in 2016 vir IVF-behandeling gegaan wat onsuksesvol was, maar wat tot verdere druk bygedra het. As sy agt goed moet kies wat sy nie sonder kan gaan nie, is dit haar ses katte, een hond en ‘n lekker sjokolade croissant.

 

“Afskaal” sal première op KykNet (DSTV 141) op 10 Oktober 2019, uitgesaai word op Donderdae om 17:30, met heruitsendings op KykNet en Kie, Donderdae om 21:00 vanaf 17 Oktober.

Volg KykNET en Slender Wonder op sosiale media vir die jongste nuus.

 

Vir meer inligting en om ander verhale van sukses te lees, besoek www.slenderwonder.co.za

Image Source: kykNET

Hennie van der WaltNoelien Badenhorst

 

View All Articles