Where your health is a way of life.

Gewigsverlies help vir slaapapnee, wys studie

Article Source: New York

Oorgewig mense met slaapapnee het ’n drastiese verbetering in hul simptome ervaar en boonop nie erger gesondheidsprobleme ontwikkel nie ná ’n jaar lange program om ’n gesonder leefstyl te vestig.

Slaapapnee bring mee dat lyers kort rukkies ophou asemhaal omdat hul lugweë toeval of versper word terwyl hulle slaap. Die probleem kom veral voor by oorgewig, middeljarige volwassenes en kan selfs tot hartprobleme lei.

“Dit vat gewoonlik net ’n paar jaar vir slaapapnee om te vorder van ’n matige tot ’n baie ernstige siekte,” het dr. Henri Tuomilehto, hoof van slaapstudie by die Oivauni-slaapkliniek in Finland, gesê.

“Dit gebeur gewoonlik weens gewigstoename. Die resultate wys dat jy die verergering van slaapapnee kan stuit deur jou leefstyl te verander.”

Tuomilehto en sy kollegas het 81 volwassenes met vetsug se dieet en oefenprogram drasties aangepas. Hul gesondheid is later vergelyk met dié van ’n groep wat minder drastiese gesondheidsaanpassings gemaak het.

Die slaapapnee van diegene in die groep wat vyf jaar later nog ’n baie gesonde leefstyl gevolg het, het nie vererger nie of dit het slegs minimaal vererger.

“Vetsug is die risikofaktor wat die maklikste aangepak kan word as dit kom by slaapapnee,” het Tuomilehto gesê. “Gewigsverlies moet gesien word as ’n manier om slaapapnee te behandel.”

In Amerika ly 4% tot 9% van middeljarge mans en 2% tot 4% van middeljarige vroue aan slaapanee, maar die meeste gevalle word nooit amptelik gediagnoseer nie.

Reuters

View All Articles