Where your health is a way of life.

Deon Barnard - 50kg ligter!

LEPHALALE – Om gesond te lewe is ’n voortdurende stryd, maar verg inspanning en toewyding. So het Deon Barnard 50kg verloor met die Slender Wonder dieet program en is behoorlik ’n inspirasie vir almal wat hom ontmoet.

Deon se reis en strewe om sy ideale gewig te bereik het begin toe hy in Junie 2014 aan die Slender Wonder borgskap kompetisie deelgeneem het. Tydens dié kompetisie is daar op sosiale netwerke vir ‘n kandidaat gestem om ‘n borgskap van Slender Wonder te wen. Die gelukkige wenner sou dan met die hulp van ‘n Slender Wonder-geakrediteerde dokter werk om gewigsverlies te bevorder. Deon het dit gewen en geleentheid gekry om met Dr. Gerhard Kritzinger en sy vrou, Marietjie, die pad te begin stap. Deon vertel dat hy in daardie stadium 158kg geweeg het.
“Ek was ongesond en kon skaars trappe klim sonder om halfpad eers te rus en asem te skep nie,” vertel hy. “My motivering was my kinders, ek wou weer saam met hulle bal skop. Ek wou vir hulle gesond wees.”

Vandag, ‘n jaar later, is Deon met die hulp van die Slender Wonder program sowat 50kg ligter en volgens hom ‘n nuwe mens. Met net nog ‘n paar kilogramme om af te skud voordat hy sy ideale gewig van 100kg bereik is Deon vasberade om die wedloop te voltooi.
“Slender Wonder is nie maar net nog ‘n dieet nie,” vertel hy. “Dit is ‘n lewenswyse  en ‘n kopskuif in terme van  kos keuses. Dit gaan oor slegte gewoontes verander en vasbyt.”

Deon vertel dat hy in die eerste vier weke baie gewig verloor het, daarna het gewigsverlies gepaard gegaan met ‘n aangepaste lewenstyl en die Slender Wonder program.
“As dit nie vir my vriende en familie se ondersteuning was nie, sou ek dit nie kon doen nie. Ons vriende sal altyd sorg dat daar ‘n “Slender Wonder slaaitjie”, soos hulle dit noem, op die tafel is wanneer ons by hulle gaan kuier.

 My vrou, Suretha, wat saam met my op die Slender Wonder program is, is baie ondersteunend en sy kon ook daarin slaag om meer as 30kg te verloor. Ons spoor mekaar aan en is albei vasberade om voort te gaan met hierdie nuwe lewenswyse.”

Marietjie Kritzinger meen Deon is vir baie ‘n voorbeeld van wat bereik kan word wanneer 'n mens by n kruispad in jou lewe kom. "Ons is telkens verras deur sy uithouvermoë en innerlike krag. Hy is ‘n aanmoediging en ‘n inspirasie vir baie.”

Marietjie het ook groot lof vir Slender Wonder. “Vanaf die boonste vlak doen hulle werklikwaar ongelooflike werk om mense te help en te motiveer om hulself te kan vind en verbeter.”
“Ons weet dit werk. Dit verg wel harde werk, maar die gratifikasie en werksbevrediging wat dit verskaf is groot! Ons praktyk is trots om deel van Slender Wonder te wees. Sterkte aan Deon en al die ander sukses stories reg oor die land.”

Source: http://www.noordnuus.co.za/articles/news/32248/2015-07-27/n-ware-inspirasie-50kg-ligter

View All Articles